Luke 21:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wat hierdie dinge betref wat julle aanskou, daar sal dae kom waarin daar nie een klip op die ander gelaat sal word wat nie afgebreek sal word nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Hierdie dinge wat julle sien — daar sal dae kom wanneer nie een klip op ’n ander een sal oorbly nie. Alles sal gesloop word.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Hierdie dinge wat julle sien daar sal dae kom wanneer daar nie een klip op die ander gelaat sal word wat nie afgebreek sal word nie. |
| Afrikaans 1983 | “Alles wat julle sien — daar sal 'n tyd kom dat nie een klip op die ander gelaat sal word nie. Alles sal afgebreek word.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Dit wat julle hier sien – daar sal dae kom wanneer nie een klip op 'n ander gelaat word nie; alles sal afgebreek word.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Daar sal 'n tyd kom wanneer vyande al hierdie geboue sal afbreek. Daar sal nie een muur regop bly staan nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jesus sê toe: “Een van die dae sal daar niks oor wees van alles wat julle nou hier voor julle eie oë sien nie. Hierdie gebou gaan tot op die grond afgebreek word.” |