Luke 21:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want hulle almal het van hulle oorvloed in die offerandes van God ingegooi, maar sy het uit haar armoede al die lewendes wat sy gehad het, ingegooi.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle almal het uit hulle oorvloed ingegooi, maar sy het, ten spyte van haar behoeftigheid, alles ingegooi wat sy as lewensonderhoud gehad het.”
Afrikaans 1933/1953 Want hulle almal het uit hul oorvloed by die gawes van God ingegooi, maar sy het uit haar gebrek ingegooi alles wat sy gehad het om van te lewe.
Afrikaans 1983 Hulle het almal iets uit hulle oorvloed in die offergawekis gegooi, maar sy het in haar gebrek alles ingegooi wat sy gehad het om van te lewe.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want hulle het almal uit hulle oorvloed by die bydraes ingegooi, maar sy het, ten spyte van haar behoeftigheid, alles ingegooi wat sy gehad het, haar hele lewensonderhoud.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al hierdie ryk mense het baie geld om in te gooi en daarna het hulle nog baie geld. Hierdie vrou is baie arm, maar sy het alles ingegooi, sy het nie meer geld om kos te koop nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Haar paar sente was meer as al die sakke vol geld wat die ryk mense elke dag soontoe aandra. Hulle gee uit hulle oorvloed so ’n ietsie weg, maar sy het alles vir God gegee wat sy op haar naam gehad het. Nou het sy nie meer ’n sent op haar naam oor nie.”