Luke 21:37 — Compare Translations

6 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (NLV) 2011 Bedags was Jesus besig om in die tempel onderrig te gee en snags het Hy uitgegaan en op die Olyfberg gaan oornag.
Afrikaans 1933/1953 En Hy was oordag in die tempel besig om te leer, en snags het Hy uitgegaan en vernag op die berg wat die Olyfberg genoem word.
Afrikaans 1983 Bedags was Jesus in die tempel besig om die mense te leer, maar snags het Hy uitgegaan en buite op die Olyfberg vernag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jesus het bedags op die tempelterrein onderrig gegee, maar snags het Hy uitgegaan om op die Olyfberg te oornag.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het in die dag vir die mense in die tempel geleer, maar wanneer dit aand geword het, het Hy uitgegaan na die Olyf-berg en Hy het die hele nag daar gebly.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In daardie tyd het Jesus elke dag na die tempel toe gegaan om met die mense te praat oor God se nuwe wêreld. In die aande het Hy op die Olyfberg net buitekant Jerusalem gaan slaap.