Luke 21:28 — Compare Translations

6 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (NLV) 2011 Wanneer hierdie dinge begin gebeur, staan dan fier en regop en lig julle koppe op, want dan het julle verlossing naby gekom.”
Afrikaans 1933/1953 En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is.
Afrikaans 1983 As hierdie dinge begin gebeur, staan dan regop en lig julle kop op, want dan is julle verlossing naby.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wanneer hierdie dinge begin gebeur, staan dan op en lig julle koppe, want julle bevryding is naby. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer hierdie dinge begin gebeur, dan moet julle ophou om moedeloos te wees, want dan weet julle dat God julle gou sal kom vrymaak.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Wanneer al hierdie dinge begin gebeur, moet julle nie bang wees nie. Want God se nuwe wêreld waarna julle so uitgesien het, is dan voor die deur. Begin solank kyk of julle nie al die Seun sien aankom nie, want Hy gaan enige oomblik op die toneel verskyn!