Luke 21:26 — Compare Translations

6 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (NLV) 2011 Mense word flou van vrees en van die voorbodes oor wat nog vir die wêreld aan die kom is, want die kragte van die hemel sal geskud word.
Afrikaans 1933/1953 en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom. Want die kragte van die hemele sal geskud word.
Afrikaans 1983 Die mense sal beswyk van vrees en spanning oor die dinge wat oor die hele wêreld aan die kom is, want die kragte van die hemelruim sal ontwrig word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Mense sal flou val van vrees en vermoedens oor wat die wêreld gaan tref, want die kragte van die hemele sal geskud word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Mense sal sterf omdat hulle bang is, omdat hulle sal weet dat vreeslike dinge in die wêreld sal gebeur. Ja, God sal die hemel skud en alles wat daarin is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Al hierdie dinge sal die mense rasend van vrees maak. Almal sal doodbang wees.