Luke 21:25 — Compare Translations
6 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Daar sal wondertekens wees wat die son, maan en sterre betref. En op die aarde sal daar onrus onder die nasies wees uit angs vir die gebulder van die see en sy golwe. |
| Afrikaans 1933/1953 | En daar sal tekens wees aan son en maan en sterre, en op die aarde benoudheid van nasies in hulle radeloosheid, wanneer see en branders dreun, |
| Afrikaans 1983 | “Daar sal tekens wees aan son, maan en sterre. Op aarde sal daar radeloosheid onder die volke wees uit angs vir die gebulder van die see en sy vloedgolwe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Dan sal daar tekens wees in die son en die maan en die sterre, en op die aarde sal die nasies beangs en verward wees oor die gedreun en hoë golwe van die see. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Daar sal wonderlike dinge gebeur met die son en die maan en die sterre. Die mense op die aarde sal baie bang word, want alles sal deurmekaar wees. Die branders van die see sal so wild word dat die mense nie sal weet wat gebeur nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Op ’n dag sal verskriklike dinge begin gebeur. “Die son, die maan en die sterre sal skielik onheilspellend begin verander. Hulle sal nie meer dieselfde lyk nie. Hulle sal begin skud en uit die hemel val. “Oral op die aarde sal chaos losbreek. Die natuurwette wat alles in die skepping beheer, sal skielik hulle krag verloor. Dan sal die see oor almal begin spoel. |