Luke 21:22 — Compare Translations

6 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (NLV) 2011 Daardie dae is dae van vergelding sodat wat geskryf staan in vervulling moet gaan.
Afrikaans 1933/1953 Want dit sal dae van wraak wees, sodat alles wat geskrywe is, vervul kan word.
Afrikaans 1983 want in daardie dae voltrek God sy straf. Alles wat geskrywe staan, word dan bewaarheid.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) want daardie dae is dae van vergelding, sodat alles wat geskryf is, vervul sal word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Want dit sal 'n tyd wees wanneer God die mense van Jerusalem sal straf, sodat alles kan gebeur wat in die Ou Testament geskryf is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Want dit sal ’n verskriklike tyd wees. God se oordeel sal dan op Jerusalem uitgegiet word net soos die profete lankal gewaarsku het.