Luke 21:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want Ek sal jou 'n mond en wysheid gee wat al jou teëstanders nie sal kan weerstaan of weerstaan nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | want Ek sal aan julle die regte woorde en die wysheid gee wat al julle teenstanders nie sal kan opponeer of weerlê nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want Ek sal aan julle woorde en wysheid gee wat al julle teëstanders nie sal kan teëspreek of weerstaan nie. |
| Afrikaans 1983 | want Ek sal vir julle die woorde en die wysheid gee wat deur geeneen van julle teenstanders teengespreek of weerlê kan word nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | want Ek sal julle die woorde en wysheid gee wat nie een van julle teenstanders sal kan weerstaan of weerlê nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | want Ek sal vir julle sê wat julle moet sê. Julle sal soos wyse mense praat en julle vyande sal nie weet wat om te antwoord nie, hulle sal nie kan sê julle praat verkeerd nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal julle saak hanteer. Ek sal presies die regte woorde vir julle gee om te sê. Ek sal julle soveel wysheid gee dat julle vyande se monde van verbasing sal oophang. Hulle sal nie weet wat om julle te antwoord nie. |