Luke 21:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar voor al hierdie dinge sal hulle jou die hande oplê en jou vervolg en jou oorlewer aan die sinagoges en in gevangenisse, en voor konings en owerstes gebring word ter wille van my Naam.
Afrikaans (NLV) 2011 “Nog voordat al hierdie dinge oor julle kom, sal hulle julle arresteer en vervolg. Hulle sal julle aan die sinagoges en tronke oorlewer; hulle sal julle voor konings en goewerneurs sleep omdat julle in my Naam optree.
Afrikaans 1933/1953 Maar voor al hierdie dinge sal hulle die hande aan julle slaan en julle vervolg en oorlewer in sinagoges en gevangenisse en julle voor konings en goewerneurs bring ter wille van my Naam.
Afrikaans 1983 “Maar nog voordat dit alles gebeur, sal hulle julle gevange neem en vervolg. Hulle sal julle oorlewer vir verhoor in die sinagoges en vir opsluiting in gevangenisse; hulle sal julle voor konings en goewerneurs bring ter wille van my Naam.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar voor al hierdie dinge oor julle kom, sal hulle julle gevange neem en julle vervolg. Hulle sal julle aan die •sinagoges oorlewer en in die tronke opsluit; hulle sal julle voor konings en prokurators sleep ter wille van my Naam.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar voor al hierdie dinge gebeur, sal die mense julle vang en hof toe vat in die sinagoges, en hulle sal julle in die tronk gooi. Hulle sal julle ook hof toe vat voor konings en goewerneurs omdat julle aan My behoort.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Net voor al hierdie dinge gebeur, sal julle ook baie swaarkry. Ongelowiges sal julle vang en julle mishandel. En mense wat maak asof hulle godsdienstig is, sal julle voor hulle leiers aankla. Baie van julle sal in tronke gegooi word. Julle sal ook in die howe en voor hooggeplaaste mense gedaag word omdat julle in My glo. Maar moenie bekommerd wees nie.