Luke 20:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het Hy hierdie gelykenis aan die volk begin vertel; 'n Sekere man het 'n wingerd geplant en dit aan landbouers uitgegee en 'n lang tyd na 'n ver land gegaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Hierna het Jesus vir die volk hierdie gelykenis vertel: “Daar was ’n man wat ’n wingerd geplant het en dit toe aan boere verhuur het. Daarna het hy vir ’n lang tyd weggegaan.
Afrikaans 1933/1953 Toe begin Hy aan die volk hierdie gelykenis te vertel: 'n Sekere man het 'n wingerd geplant en dit aan landbouers verhuur en vir 'n geruime tyd op reis gegaan.
Afrikaans 1983 Verder het Jesus aan die volk hierdie gelykenis vertel: “Daar was 'n man wat 'n wingerd aangeplant en dit aan boere verhuur het. Daarna was hy 'n hele ruk weg van die huis af.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het die volgende gelykenis aan die volk vertel: “Daar was 'n man wat 'n wingerd aangeplant het. Toe het hy dit aan landbouers verhuur, en vir 'n lang tyd op reis gegaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe begin Jesus vir die mense hierdie gelykenis vertel. Hy het gesê: “'n Man het 'n klomp wingerdstokke op sy grond geplant. Daarna het hy gesê ander mense mag die wingerd huur. Toe het hy 'n lang tyd weggegaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarna het Jesus vir die mense die volgende verhaal vertel: “Daar was eendag ’n ryk boer wat ’n wingerd aangeplant het. Hy moes kort daarna op ’n reis na ’n ver land gaan. Hy verhuur toe die wingerd aan ’n groep ander boere. Die eienaar het met hulle ooreengekom dat hulle hom ’n deel van die druiwe as huur vir die grond sou betaal.