Luke 20:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar as ons sê: Van mense; die hele volk sal ons stenig, want hulle is oortuig dat Johannes 'n profeet was.
Afrikaans (NLV) 2011 En as ons sou sê: ‘Dit was ’n bloot menslike saak,’ sal die hele volk ons stenig, want hulle is vas oortuig dat Johannes ’n profeet is.”
Afrikaans 1933/1953 En as ons sê: Uit mense sal die hele volk ons stenig, want hulle is daarvan oortuig dat Johannes 'n profeet is.
Afrikaans 1983 En as ons sê: ‘Van mense af,’ sal die hele volk ons stenig, want hulle is daarvan oortuig dat Johannes 'n profeet is.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En as ons sê, ‘van mense,’ sal die hele volk ons stenig, omdat hulle daarvan oortuig is dat Johannes 'n profeet is.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar ons kan ook nie sê: ‘Dit was mense wat vir Johannes gestuur het om te doop’ nie. As ons dit sê, dan sal al die mense ons met klippe wil doodgooi, want hulle het geglo Johannes is 'n profeet.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As ons egter antwoord dat die mense Johannes die reg gegee het om te doop, sal die volk ons uitmekaarskeur. Hulle almal dink mos dat Johannes ’n profeet was wat sy gesag van God af gekry het.”