Luke 20:47 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) wat die huise van weduwees opeet en vir 'n vertoning lang gebede doen; hulle sal groter veroordeling ontvang.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle verorber die huise van die weduwees en huigel met lang gebede. Hulle sal ’n swaarder straf ontvang.”
Afrikaans 1933/1953 Hulle eet die huise van die weduwees op en doen vir die skyn lang gebede. Hulle sal 'n swaarder oordeel ontvang.
Afrikaans 1983 Dit is hulle wat die huise van die weduwees inpalm en vir die skyn lang gebede opsê. Hulle sal baie swaar gestraf word.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle verslind die huise van die weduwees, en vir die skyn bid hulle lang gebede. Hulle sal 'n swaarder oordeel ontvang.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar die skrifgeleerdes is mense wat weduwees bedrieg en wat hulle huise vat. En hulle is mense wat baie lank bid sodat ander mense dit moet sien. God sal hulle baie swaar straf.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Net om te wys hoe vroom hulle is, gaan eet hulle die arm weduwees se kos op en bid lang gebede in die openbaar. Die skynheilige spul! God sal hulle baie swaarder as al die ander straf.”