Luke 20:46 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Pasop vir die skrifgeleerdes wat in lang klere wil wandel en begroeting liefhet op die markte en die hoogste sitplekke in die sinagoges en die hoofkamers by feesmaal; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Lig loop vir die skrifkenners. Hulle wil graag op en af loop met hulle ampsklere aan. Hulle is ook lief daarvoor om op die markplekke met respek gegroet te word en om die voorste sitplekke in die sinagoges, asook die ereplekke by die etes in te neem. |
| Afrikaans 1933/1953 | Pas op vir die skrifgeleerdes wat graag in lang klere rondloop en van die begroetinge op die markte hou en van die voorste banke in die sinagoges en die voorste plekke by die maaltye. |
| Afrikaans 1983 | “Pas op vir die skrifgeleerdes, wat graag met hulle deftige klere aan rondstap. Hulle hou van die begroetings op straat, die voorste banke in die sinagoges en die ereplekke by die maaltye. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Wees op julle hoede vir die skrifkenners! Hulle hou daarvan om met lang stolas rond te loop, en is lief daarvoor om op die markpleine begroet te word en die voorste sitplekke in die •sinagoges en die ereplekke by die feesmaaltye in te neem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Pasop vir die skrifgeleerdes. Hulle wil graag met deftige klere rondloop en hulle wil hê almal moet hulle groet op die plekke in die stad waar die mense bymekaarkom. Hulle wil graag sit op die belangrikste plekke in die sinagoges en by die feeste. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Julle moet lig loop vir al daardie groot kenners van die Bybel. Kyk, hulle loop oral rond met hulle blink kerkklere en hou daarvan dat almal hulle op straat groet. Hulle maak ook baie seker dat mense hulle in godsdienstige plekke raaksien. En hulle geniet dit om die middelpunt van belangstelling by elke funksie te wees. |