Luke 20:38 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want Hy is nie 'n God van dooies nie, maar van lewendes, want almal lewe vir Hom.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy is mos nie ’n God van dooies nie, maar van lewendes, want voor Hom leef hulle almal.”
Afrikaans 1933/1953 Hy is tog nie 'n God van dooies nie, maar van lewendes, want almal leef vir Hom.
Afrikaans 1983 Hy is nie 'n God van dooies nie maar van lewendes, want by Hom leef hulle almal.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy is nie 'n God van dooies nie, maar van lewendes. Wat Hom betref, is hulle immers almal lewendes. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) God is nie die God van dooie mense nie, Hy is die God van mense wat lewe. Want vir God is almal wat in Hom glo, mense wat lewe.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle leef op ’n splinternuwe manier daar by God. God is mos nie die God van die dooies nie. Nee, Hy is die God van die lewendes. Daarom wag daar vir almal wat nou vir Hom leef ’n plek in sy nuwe wêreld.”