Luke 20:36 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle kan ook nie meer sterwe nie, want hulle is gelyk aan die engele; en is die kinders van God, synde die kinders van die opstanding. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle kan ook nie meer doodgaan nie, want hulle is gelyk aan engele. Hulle is juis kinders van God omdat hulle kinders van die opstanding is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want hulle kan ook nie meer sterwe nie, want hulle is soos die engele en is kinders van God, omdat hulle kinders van die opstanding is. |
| Afrikaans 1983 | Hulle kan ook nie meer sterwe nie; hulle is soos die engele. Hulle is kinders van God, omdat hulle uit die dood opgestaan het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle kan nie meer sterf nie, want hulle is soos engele en kinders van God, omdat hulle aan die opstanding deel het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Want hulle sal wees soos die engele wat nie sterf nie en wat by God in die hemel woon. Maar dit kan net gebeur as God hulle weer laat lewe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar gaan mense ook nie weer dood nie. Hulle gaan net soos die engele ook ‘geestelike wesens’ wees. Elkeen wat daar bly, sal ’n kind van God wees. God sal hulle weer lewendig maak en hulle daar by Hom ’n blyplek gee. |