Luke 20:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die derde het haar geneem; en net so ook die sewe, en hulle het geen kinders nagelaat nie en gesterf.
Afrikaans (NLV) 2011 en die derde broer het met die weduwee getrou, maar ook kinderloos gesterf. Net só het ook die res van die sewe kinderloos gesterf.
Afrikaans 1933/1953 En die derde het haar geneem; en net so al sewe. En hulle het geen kinders nagelaat nie en het gesterwe.
Afrikaans 1983 en die derde het met die weduwee getrou en kinderloos gesterwe, en so het dit met al sewe gegaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en die derde broer het met haar getrou. En net so, sonder dat hulle kinders nagelaat het, het al sewe broers gesterf.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en ná hom het die derde broer met haar getrou, en so het al sewe broers met die vrou getrou. Hulle het almal gesterf, maar hulle het nie kinders gehad nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dan trou die derde een met haar. Maar presies dieselfde gebeur met hom. Hy sterf voordat sy vrou ’n kind het. So gaan dit uiteindelik met al sewe broers. Nie een van hulle laat ’n kind agter nie.