Luke 20:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het sommige van die Sadduseërs na Hom gekom wat ontken dat daar enige opstanding is; en hulle het hom gevra:
Afrikaans (NLV) 2011 Sommige uit die geledere van die Sadduseërs, dié mense wat die opstanding uit die dood ontken het, staan toe nader en vra vir Jesus:
Afrikaans 1933/1953 En sommige van die Sadduseërs het gekom -- hulle wat ontken dat daar 'n opstanding is -- en Hom gevra
Afrikaans 1983 'n Aantal Sadduseërs — dit is die mense wat ontken dat daar 'n opstanding uit die dood is — kom toe nader en vra vir Jesus:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sommige van die •Sadduseërs, wat sê dat daar nie 'n opstanding is nie, kom toe en vra Hom:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) 'n Paar Sadduseërs het na Jesus toe gekom. Die Sadduseërs het nie geglo dat die mense wat gesterf het, weer sal lewe nie. Hulle het vir Jesus gesê:
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Skaars was hierdie spul weg of ’n klompie Sadduseërs daag daar op. Hulle was ’n invloedryke Joodse groep wat nie in die lewe na die dood geglo het nie.