Luke 20:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle kon sy woorde nie vashou voor die volk nie, en hulle was verwonderd oor sy antwoord en het geswyg.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle kon duidelik nie daarin slaag om Jesus op grond van sy boodskap voor die volk vas te trek nie. Verwonderd oor sy antwoord het hulle liewer stilgebly.
Afrikaans 1933/1953 En hulle kon Hom nie voor die volk op 'n woord betrap nie, en verwonderd oor sy antwoord het hulle geswyg.
Afrikaans 1983 Hulle kon dit nie regkry om Hom voor die volk vas te trek op iets wat Hy gesê het nie. En verwonderd oor sy antwoord, het hulle maar stilgebly.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle kon Hom glad nie vastrek op grond van wat Hy voor die volk gesê het nie. Verbaas oor sy antwoord, het hulle stilgebly.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die spioene kon Hom nie vang nie, want niemand het gehoor dat Hy iets verkeerd gesê het nie. Hulle was baie verbaas oor wat Jesus geantwoord het en hulle het stilgebly.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hierdie antwoord het die wind heeltemal uit die mense se seile gehaal. Hulle plan om Jesus daar voor die skare uit te vang het heeltemal misluk. Jesus se antwoord was so goed dat hulle nie geweet het wat om te sê nie. Stil-stil is hulle toe maar daar weg terwyl die skare Jesus geëer het.