Luke 20:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het Hom gevra en gesê: Meester, ons weet dat U reg sê en leer, en dat U niemand aanneem nie, maar waarlik die weg van God leer.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het Hom toe gevra: “Leermeester, ons weet dat u reg praat en onderrig, en dat u nie mense op die uiterlike beoordeel nie: U onderrig mense volgens die waarheid om op die pad van God te loop.
Afrikaans 1933/1953 En hulle het Hom gevra en gesê: Meester, ons weet dat U reguit praat en leer en die persoon nie aanneem nie, maar die weg van God in waarheid leer --
Afrikaans 1983 Hulle vra Hom toe: “Meneer, ons weet dat u in u prediking en onderrig regsinnig is. U let nie op die aansien van persone nie. U is getrou aan die waarheid, en so maak u die wil van God bekend.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle vra Hom toe: “Meester, ons weet dat wat u sê en leer, reg is. U neem nie die aansien van persone in aanmerking nie, maar leer die weg van God waarheidsgetrou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die spioene het toe vir Jesus gevra: “Meneer, ons weet die dinge waaroor jy praat en wat jy leer, is reg. Jy is nie bang vir wat mense van jou sê nie. Jy leer vir die mense wat God wil hê hulle moet doen, en die dinge wat jy vir hulle leer, is waar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe hierdie mense by Jesus aankom, sê hulle: “Leermeester, ons het jou leer ken as iemand wat net die waarheid praat. Jy loop God se pad reguit en leer die mense om dit ook te doen. Ons sien ook jy probeer nie gewild wees nie. Wat mense oor jou sê of dink, pla jou nie.