Luke 20:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die owerpriesters en die skrifgeleerdes het in dieselfde uur probeer om die hande aan Hom te lê; en hulle was bang vir die volk, want hulle het gemerk dat Hy hierdie gelykenis teen hulle gespreek het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die skrifkenners en die priesterhoofde wou Hom daar en dan arresteer, maar hulle was bang vir die volk. Hulle het in elk geval besef dat hierdie gelykenis teen hulle gemik was. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe probeer die owerpriesters en die skrifgeleerdes in daardie selfde uur om die hande aan Hom te slaan, maar hulle het die volk gevrees; want hulle het geweet dat Hy hierdie gelykenis met die oog op hulle self uitgespreek het. |
| Afrikaans 1983 | Die skrifgeleerdes en die priesterhoofde het besef dat Jesus met hierdie gelykenis op hulle gesinspeel het. Daarom wou hulle Hom sommer daar en dan gevange neem, maar hulle was bang vir die volk. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die skrifkenners en die leierpriesters wou Hom onmiddellik gevange neem, omdat hulle besef het dat Hy die gelykenis met die oog op hulle vertel het. Hulle was egter bang vir die volk. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die skrifgeleerdes en die priesterleiers het toe dadelik probeer om Jesus te laat vang en toe te sluit. Hulle het geweet Hy het die gelykenis vertel om te wys hulle is soos daardie mense. Maar hulle was bang vir die mense, daarom het hulle nie vir Jesus gevang nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die godsdienstige leiers wou hê dat Jesus iets moes sê wat Hom in die moeilikheid sou bring. |