Luke 20:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het hulle aanskou en gesê: Wat is dit dan wat geskrywe is: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het 'n hoeksteen geword?
Afrikaans (NLV) 2011 Jesus het hulle stip aangekyk en gesê: “Wat is die betekenis van hierdie Skrifwoord dan? ‘Juis daardie klip wat die bouers afgekeur het, het die hoekklip van die gebou geword.’
Afrikaans 1933/1953 Maar Hy het hulle aangekyk en gesê: Wat beteken dan hierdie Skrifwoord: die steen wat die bouers verwerp het, dit het 'n hoeksteen geword?
Afrikaans 1983 Maar Jesus het hulle aangekyk en gesê: “Wat beteken hierdie Skrifwoord dan: “ ‘Die klip wat deur die bouers afgekeur is, juis hy het die belangrikste klip in die gebou geword’?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jesus het hulle stip aangekyk en gesê: “Wat beteken dit dan wat geskryf staan: “ ‘Die klip wat die bouers afgekeur het, juis dit het die hoeksteen geword.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het ernstig na hulle gekyk en gesê: “Wat beteken hierdie woorde in die Psalms: “ Die klip wat die bouers nie wou gebruik nie, daardie klip het die belangrikste klip in die hele gebou geword.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jesus het hulle egter reguit in die oë gekyk en vir hulle gesê: “Julle is mos sulke danige kenners van die Bybel. Wel, sê ’n bietjie vir My wat die volgende teks beteken: ‘’n Klip wat die bouers nie wou gebruik nie en sommer eenkant toe gegooi het, het God reg bokant die voordeur ingebou vir almal om te sien.’