Luke 20:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy sal kom en hierdie landbouers uitroei en die wingerd aan ander gee. En toe hulle dit hoor, sê hulle: God verhoed dit!
Afrikaans (NLV) 2011 Hy sal opdaag en daardie boere doodmaak en die wingerd aan ander mense gee.” Die mense wat dit gehoor het, sê toe: “Nee, dit mag nooit gebeur nie!”
Afrikaans 1933/1953 Hy sal kom en daardie landbouers ombring en die wingerd aan ander gee. En toe hulle dit hoor, sê hulle: Nee, stellig nie!
Afrikaans 1983 Hy sal kom en daardie boere om die lewe bring en die wingerd vir ander mense gee.” Dié wat dit gehoor het, sê toe: “Nee, dit moenie gebeur nie!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy sal kom en die landbouers doodmaak, en die wingerd aan ander gee.” Toe die mense dit hoor, sê hulle: “Mag dit nooit gebeur nie!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy sal kom en hy sal daardie mense doodmaak. Hy sal die wingerd vir ander mense gee.” Toe sê die mense: “Nee, dit sal nooit gebeur nie! Hierdie wingerd sal nooit aan ander mense behoort nie!”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jesus vra toe vir die mense: “Wat dink julle sal die eienaar met die klomp boere doen wanneer hy terugkom na sy wingerd toe? Kom Ek sê vir julle: hy sal al daardie boere doodmaak en sy wingerd aan ander mense gee.” Maar ’n klomp van die godsdienstige leiers wat na Hom geluister het, het vinnig geantwoord: “Nee, so iets sal nooit gebeur nie! Jy probeer maak asof ons soos daardie slegte boere in die verhaal is.”