Luke 20:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het weer 'n ander dienskneg gestuur, en hulle het hom ook geslaan en hom skandelik gesmeek en hom leeg weggestuur.
Afrikaans (NLV) 2011 Die eienaar het verder gegaan en ’n ander slaaf gestuur. Maar hulle het daardie een ook afgeransel, hom beledig en met leë hande teruggejaag.
Afrikaans 1933/1953 En hy het weer 'n ander dienskneg gestuur, en hulle het hom ook geslaan en skandelik behandel en met leë hande weggestuur.
Afrikaans 1983 Die eienaar het weer geprobeer en 'n ander slaaf gestuur. Maar hulle het hierdie een ook geslaan en uitgeskel en met leë hande weggejaag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarna het hy weer 'n ander slaaf gestuur, maar ook hom het hulle afgeransel, verneder en met leë hande teruggestuur.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die eienaar van die wingerd het nog 'n slaaf na hulle toe gestuur. Die mense het hom ook geslaan en hulle het slegte dinge gedoen aan hom. Hulle het hom weggejaag en vir hom niks gegee nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Toe stuur die eienaar een van sy ander werkers na die plaas toe. Maar presies dieselfde het met hom gebeur. Hy is pimpel en pers geslaan en van ’n kant af beledig.