Luke 20:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En op die tyd het hy 'n dienskneg na die landbouers gestuur, dat hulle hom van die vrugte van die wingerd sou gee; maar die landbouers het hom geslaan en met leë hande weggestuur.
Afrikaans (NLV) 2011 Met oestyd het hy ’n slaaf na die boere toe gestuur met die doel dat hulle ’n deel van die druiwe-oes aan hom sou gee. Maar die boere het die slaaf geslaan en hom met leë hande teruggejaag.
Afrikaans 1933/1953 En op die regte tyd het hy 'n dienskneg na die landbouers gestuur, dat hulle hom van die vrug van die wingerd sou gee. Maar die landbouers het hom geslaan en met leë hande weggestuur.
Afrikaans 1983 Toe dit tyd was daarvoor, stuur hy 'n slaaf na die boere toe om sy deel van die wingerd se opbrengs te gaan haal. Maar die boere het die slaaf geslaan en met leë hande weggejaag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Teen oestyd het hy 'n slaaf na die landbouers gestuur, sodat hulle vir hom van die opbrengs van die wingerd kon gee. Maar die landbouers het hom afgeransel en met leë hande teruggestuur.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe dit tyd was om die druiwe te pluk, het hy 'n slaaf na die mense toe gestuur sodat hulle vir die eienaar die druiwe kan gee wat hy moet kry. Maar die mense het die slaaf geslaan en hom weggejaag. Hulle het vir hom niks gegee nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Later, toe die druiwe begin ryp word, stuur die eienaar een van sy werkers om die deel wat hy moes kry te gaan haal. Maar die arme werker is deur die boere aangerand en weggejaag.