Luke 20:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit het gebeur dat op een van daardie dae, terwyl Hy die volk in die tempel geleer en die evangelie verkondig het, het die owerpriesters en die skrifgeleerdes op Hom afgekom saam met die ouderlinge,
Afrikaans (NLV) 2011 Op een van die dae, terwyl Jesus besig was om mense in die tempel te onderrig en die Goeie Nuus te verkondig, het die priesterhoofde en die skrifkenners saam met die familiehoofde nadergestaan en
Afrikaans 1933/1953 En op een van die dae, terwyl Hy besig was om die volk in die tempel te leer en die evangelie te verkondig, kom die owerpriesters en die skrifgeleerdes saam met die ouderlinge by Hom staan,
Afrikaans 1983 Op een van daardie dae, toe Jesus by die tempel besig was om die volk te leer en aan hulle die evangelie te verkondig, het die priesterhoofde en die skrifgeleerdes saam met die familiehoofde nader gestaan
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Op een van die dae waarop Jesus die volk op die tempelterrein onderrig en die evangelie verkondig het, het die leierpriesters en skrifkenners saam met die familiehoofde nader gestaan
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus was eendag by die tempel besig om vir die mense te leer. Hy het vir hulle die goeie boodskap gebring dat God Koning is. Die priesterleiers en die skrifgeleerdes saam met die familieleiers het na Hom toe gekom
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Eendag toe Jesus in die tempel besig was om die mense te leer wat God van hulle vra, het ’n klomp van die godsdienstige leiers en ’n paar ander belangrike mense uit Jerusalem ook by die skare aangesluit.