Luke 19:47 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het daagliks in die tempel geleer. Maar die owerpriesters en die skrifgeleerdes en die owerstes van die volk het probeer om Hom te vernietig,
Afrikaans (NLV) 2011 Jesus was dag na dag in die tempel besig om onderrig te gee. Die priesterhoofde en die skrifkenners en ook die ander volksleiers het ’n rede gesoek om Hom om die lewe te bring.
Afrikaans 1933/1953 En elke dag was Hy besig om in die tempel te leer; en die owerpriesters en die skrifgeleerdes en die vernaamstes van die volk het probeer om Hom om te bring;
Afrikaans 1983 Hy was elke dag in die tempel besig om die mense te leer. Intussen het die priesterhoofde en die skrifgeleerdes, en ook die leiers van die volk, 'n plan gesoek om Hom dood te maak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het daagliks op die tempelterrein onderrig gegee. Die leierpriesters, die skrifkenners en die volksleiers wou Hom om die lewe bring,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het elke dag vir die mense in die tempel geleer. Die priesterleiers, die skrifgeleerdes en die leiers van die volk het planne gemaak om Hom dood te maak,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarna het Jesus elke dag na die tempel toe gekom om vir die mense te vertel van God se nuwe wêreld. Dit het al die belangrikste godsdienstige leiers van die stad woedend gemaak. Hulle kon dit nie verdra dat Jesus daar in hulle hoofkwartier sulke dinge sê nie. Daarom het hulle besluit om Hom dood te maak.