Luke 19:46 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | en vir hulle gesê: Daar is geskrywe: My huis is 'n huis van gebed, maar julle het dit 'n rowerspelonk gemaak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy sê vir hulle: “Daar staan geskryf: ‘My huis moet ’n huis van gebed wees,’ maar julle het dit ’n grot vir rowers gemaak.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Hy sê vir hulle: Daar is geskrywe: My huis is 'n huis van gebed. Maar julle het dit 'n rowerspelonk gemaak. |
| Afrikaans 1983 | Hy het vir hulle gesê: “Daar staan geskrywe: ‘My huis sal 'n huis van gebed wees,’ maar julle het dit 'n rowersnes gemaak.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het vir hulle gesê: “Daar staan geskryf, “ ‘My huis sal 'n huis van gebed wees’. Maar julle het daarvan 'n rowerspelonk gemaak! ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het vir hulle gesê: “In die Ou Testament is geskryf: ‘God het gesê: “ ‘ My tempel moet 'n plek wees waar mense bid.’ Maar julle het dit verander, dit is nou 'n plek waar diewe bymekaarkom.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jesus het skielik begin om al die handelaars weg te jaag. Hy sê toe: “Gaan lees wat in die Skrif staan: ‘Mense moet My kom aanbid hier in my huis. Julle het dit egter die bymekaarkomplek van ’n klomp skelms gemaak.’” |