Luke 19:43 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want daar sal dae oor jou kom dat jou vyande 'n sloot rondom jou sal gooi en jou sal omsingel en jou van alle kante in hou,
Afrikaans (NLV) 2011 Daar sal dae oor jou kom dat jou vyande skanse teen jou oprig, jou omsingel en jou van alle kante beleër.
Afrikaans 1933/1953 Want daar sal dae oor jou kom dat jou vyande 'n skans rondom jou sal opwerp en jou omsingel en jou van alle kante insluit.
Afrikaans 1983 Daar sal dae oor jou kom dat jou vyande vestings teen jou oprig en jou omsingel en jou van alle kante beleër.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want daar sal dae vir jou aanbreek wanneer jou vyande skanse teen jou oprig, jou omsingel en jou van alle kante af beleër.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek huil oor julle, want daar sal 'n tyd kom wanneer julle vyande 'n grondwal rondom die stad sal bou. Hulle soldate sal rondom julle wees en julle sal nie uit die stad kan gaan nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Een van die dae sal jou vyande hulle hier om die stad kom ingrawe.