Luke 19:39 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En sommige van die Fariseërs uit die skare het vir Hom gesê: Meester, bestraf u dissipels. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sommige van die Fariseërs uit die skare het vir Jesus gesê: “Leermeester, bestraf jou dissipels!” |
| Afrikaans 1933/1953 | En sommige van die Fariseërs uit die skare sê vir Hom: Meester, bestraf u dissipels! |
| Afrikaans 1983 | 'n Paar Fariseërs uit die skare sê toe vir Jesus: “Meneer, maak stil u volgelinge!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sommige van die •Fariseërs in die skare het egter vir Jesus gesê: “Meester, berispe u dissipels!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Party van die Fariseërs wat tussen die mense was, het vir Jesus gesê: “Meneer, jy moet vir jou dissipels sê hulle moet stilbly. Hulle mag nie hierdie dinge sê nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Klompie Fariseërs wat ook in die skare was, was baie geskok oor hierdie woorde. Hulle sê toe: “Leermeester, hou jou dissipels in toom! Jy kan mos nie toelaat dat hulle sulke dinge oor jou sê nie!” |