Luke 19:35 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het hom na Jesus gebring, en hulle het hul klere op die vul gegooi en Jesus daarop gesit. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het die donkie na Jesus toe gebring. Hulle het hulle bo-klere op die donkie oopgesprei, en Jesus laat opklim. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe bring hulle hom na Jesus toe, en hulle lê hul klere op die vul en laat Jesus daarop sit. |
| Afrikaans 1983 | Toe bring hulle die donkie na Jesus toe. Daarna gooi hulle van hulle klere op sy rug en help Jesus opklim. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het toe die donkievul na Jesus geneem. Hulle het hulle boklere oor die donkievul gegooi en Jesus laat opklim. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die dissipels bring toe die jong donkie na Jesus toe, en hulle gooi van hulle klere oor die donkie, en hulle tel Jesus op die donkie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle bring toe die donkie na Jesus toe. Daarna het die dissipels hulle klere gevat en ’n saal vir Hom gemaak waarop Hy kon sit. |