Luke 19:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En gesê: Gaan na die dorp teenoor jou; waarin julle by julle ingang 'n vul vasgemaak sal vind, waarop nog nooit iemand gesit het nie; maak hom los en bring hom hierheen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Gaan na die dorpie daar oorkant; by die ingang sal julle ’n donkie kry wat vasgemaak is, waarop niemand nog ooit gesit het nie. Maak hom los en bring hom hier. |
| Afrikaans 1933/1953 | en gesê: Gaan in die dorp reg voor julle; en as julle daar inkom, sal julle 'n eselsvul vind wat vasgemaak is, waar geen mens ooit op gesit het nie. Maak hom los en bring hom. |
| Afrikaans 1983 | “Gaan na die dorpie toe daar reg voor julle. Net soos julle inkom, sal julle daar 'n jong donkie kry wat vasgemaak staan. Geen mens het nog ooit op hom gery nie. Maak hom los en bring hom hier. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | met die opdrag: “Gaan na die dorpie daar oorkant. By die ingang sal julle 'n vasgemaakte donkievul vind waarop niemand nog ooit gesit het nie. Maak hom los en bring hom hierheen. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en vir hulle gesê: “Gaan na die dorpie hier voor julle, en wanneer julle daar ingaan, sal julle 'n jong donkie sien wat vasgemaak is. Daar het nog nooit 'n mens op hom gesit nie. Maak hom los en bring hom hier. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Gaan gou na Betfage toe,” sê Jesus vir twee van sy volgelinge. “Nes julle die dorp inkom, sal julle ’n jong donkie daar kry. Niemand het nog ooit op hom gery nie. Bring hom vir My. |