Luke 19:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het gesoek om Jesus te sien wie Hy was; en kon nie vir die pers nie, want hy was klein van postuur.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het sy bes probeer om te sien wie Jesus is, maar hy kon nie vanweë die skare en omdat hy kort was.
Afrikaans 1933/1953 En hy het probeer om Jesus te sien, wie Hy was; maar vanweë die skare kon hy nie, omdat hy klein van persoon was.
Afrikaans 1983 Hy het geprobeer om Jesus te sien, maar weens die skare kon hy nie, omdat hy te kort was.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het probeer om te sien wie Jesus is, maar weens die skare kon hy nie, omdat hy kort was.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy wou graag vir Jesus sien, hy wou sien wie Hy is. Maar omdat daar so baie mense was, kon Saggeus nie vir Jesus sien nie, want Saggeus was 'n kort mannetjie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe Saggeus hoor dat Jesus deur die dorp stap, het hy probeer om Hom tussen die mense deur te sien te kry. Maar hy kon nie, want hy was te kort.