Luke 19:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want Ek sê vir julle, aan elkeen wat het, sal gegee word; en van hom wat nie het nie, ook wat hy het, sal van hom weggeneem word.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ek sê vir julle: ‘Aan elkeen wat het, sal gegee word, en van hom wat nie het nie, sal ook weggevat word wat hy besit.
Afrikaans 1933/1953 want ek sê vir julle: Aan elkeen wat het, sal gegee word, maar van hom wat nie het nie, sal weggeneem word ook wat hy het.
Afrikaans 1983 Ek sê vir julle: Aan elkeen wat het, sal meer gegee word, en van hom wat nie het nie, sal ook die bietjie wat hy het, weggevat word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) ‘Ek sê vir julle, aan elkeen wat het, sal gegee word, en van dié wat nie het nie, sal ook dit wat hy het, weggeneem word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar die koning het gesê: ‘Ek sê vir julle, ek sal vir elkeen wat baie het, nog meer gee, en ek sal van elkeen wat nie baie het nie, ook die bietjie wegvat wat hy het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Toe antwoord die heerser: ‘Almal wat bereid is om skouer aan die wiel te sit en hard te werk met dit wat hulle het, sal nog meer kry. Maar wie niks doen nie, sal uiteindelik ook nog die bietjie verloor wat hulle het.