Luke 19:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sê vir hom: Uit jou eie mond sal Ek jou oordeel, slegte dienskneg. U het geweet dat ek 'n streng man was, wat optel wat ek nie gaan lê het nie, en maai wat ek nie gesaai het nie; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Hy sê vir hom: ‘Uit jou eie mond oordeel ek jou nou. Jy is ’n slegte slaaf! Jy was deeglik daarvan bewus dat ek ’n hardvogtige man is wat opvra wat ek nie belê het nie, en oes waar ek nie gesaai het nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê hy vir hom: Uit jou mond sal ek jou oordeel, slegte dienskneg! Jy het geweet dat ek 'n strawwe man is wat wegneem wat ek nie uitgesit het nie, en maai wat ek nie gesaai het nie. |
| Afrikaans 1983 | Toe sê hy vir hom: ‘Met jou eie woorde sal ek jou veroordeel. Jy is 'n slegte slaaf! As jy geweet het ek is 'n harde man wat opeis wat ek nie belê het nie, en oes wat ek nie gesaai het nie, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe sê die man vir hom, ‘Met jou eie woorde sal ek jou veroordeel, jou slegte slaaf! Jy het geweet dat ek 'n streng man is, wat invorder wat ek nie belê het nie, en oes wat ek nie gesaai het nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe sê die koning vir hom: ‘Jy is 'n slegte slaaf, jy het nou self gesê hoekom ek jou moet straf. Jy het geweet ek is kwaai, ek vat van mense goed wat ek nie gegee het nie en ek sny koring af wat ek nie gesaai het nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Die heerser sê toe: ‘Jy is regtig ’n hopelose werker, ’n nikswerd! Jy weet ek is baie streng en verwag net die beste van julle. |