Luke 19:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want ek het jou gevrees, want jy is 'n streng man; jy neem op wat jy nie gelê het nie, en maai wat jy nie gesaai het nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek was bang vir u omdat u ’n hardvogtige besigheidsman is. U eis wat u nie belê het nie, en oes waar u nie gesaai het nie.’
Afrikaans 1933/1953 want ek was bang vir u, omdat u 'n strawwe man is; u neem weg wat u nie uitgesit het nie, en maai wat u nie gesaai het nie.
Afrikaans 1983 Ek was bang vir u, want u is 'n harde man. U eis op wat u nie belê het nie, en oes wat u nie gesaai het nie.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek was bang vir u, omdat u 'n streng man is; u vorder in wat u nie belê het nie, en u oes wat u nie gesaai het nie.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) want ek was bang vir jou omdat jy kwaai is. Jy vat van mense goed wat jy nie gegee het nie, en jy sny koring af wat jy nie gesaai het nie.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Omdat ek weet u is ’n harde man, het ek besluit om u geld veilig weg te steek. Want u is iemand wat vat sonder om te gee en wat oes waar u nie geplant het nie.’