Luke 19:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sê vir hom: Wel, goeie dienskneg, omdat jy in die minste getrou was, het jy gesag oor tien stede. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sy reaksie was: ‘Knap gedaan, goeie slaaf; omdat jy in die geringste getrou was, kry jy nou beheer oor tien stede.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy sê vir hom: Mooi so, goeie dienskneg; omdat jy in die minste getrou gewees het, moet jy gesag hê oor tien stede. |
| Afrikaans 1983 | Daarop antwoord hy: ‘Mooi so, jy is 'n goeie slaaf. Omdat jy in 'n saak van min belang getrou was, kry jy nou die bestuur oor tien stede.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het hom geantwoord, ‘Mooi so, goeie slaaf! Omdat jy betroubaar was met iets wat baie gering is, moet jy nou gesag voer oor tien stede. ’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koning het vir hom gesê: ‘Dit is goed. Jy is 'n goeie slaaf. Ek gee nou vir jou tien stede, jy moet oor hulle regeer, want jy het goed gewerk met die bietjie geld wat ek vir jou gegee het.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “‘Ongelooflik! Jy was getrou aan my selfs tot in die heel kleinste dingetjies. Daarom stel ek jou van nou af aan as die hoof oor tien stede in my landgebied.’ |