Luke 19:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit het gebeur dat, toe hy teruggekeer het, nadat hy die koningskap ontvang het, hy beveel het dat hierdie dienaars na hom geroep moes word, aan wie hy die geld gegee het, sodat hy kon weet hoeveel elkeen deur handel gewin het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “By sy terugkoms, nadat hy die koningskap ontvang het, het hy hierdie slawe aan wie hy die geld gegee het, geroep met die doel om agter te kom watter wins hulle gemaak het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe hy terugkom, nadat hy die koningskap ontvang het, sê hy dat daardie diensknegte aan wie hy die geld gegee het, by hom geroep moes word, sodat hy kon weet wat elkeen met handel verdien het. |
| Afrikaans 1983 | “Nadat hy teruggekom het, het hy die slawe aan wie hy die geld gegee het, na hom toe laat roep, sodat hy kon verneem wat hulle met die handeldryf verdien het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “By sy terugkeer het hy, nadat hy die koningskap ontvang het, die slawe aan wie hy die geld gegee het, ontbied om uit te vind watter wins hulle gemaak het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar die man het koning geword. Hy het teruggekom en toe laat roep hy die slawe vir wie hy die geld gegee het. Hy het vir hulle gevra wat hulle met die geld gedoen het. Hy wou weet wat hulle gekoop en verkoop het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Kort nadat die man die heerser van die naburige gebied geword het, het hy na sy huis toe teruggekeer. Hy roep toe sy werkers bymekaar om by hulle te hoor wat hulle met sy geld gemaak het. |