Luke 19:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar sy burgers het hom gehaat en 'n boodskap agter hom aan gestuur en gesê: Ons wil nie hê dat hierdie man oor ons moet regeer nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sy landgenote het hom egter gehaat en ’n afvaardiging agterna gestuur om te sê: ‘Ons wil nie hierdie man as koning oor ons hê nie.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar sy medeburgers het hom gehaat en 'n gesantskap agter hom aan gestuur om te sê: Ons wil nie hê dat hierdie man koning oor ons moet wees nie. |
| Afrikaans 1983 | “Sy landgenote het hom egter gehaat en 'n afvaardiging agterna gestuur om te sê: ‘Ons wil nie hierdie man as koning hê nie.’ Maar hy het tog die koningskap ontvang. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sy burgers het hom egter gehaat, en het 'n afvaardiging agter hom aangestuur om te sê, ‘Ons wil nie hê dat hierdie man oor ons heers nie.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar baie van die mense het niks van die koning se seun gehou nie, en nadat hy weggegaan het, het hulle boodskappers na hom toe gestuur om vir hom te sê: ‘Ons wil nie hê jy moet koning wees oor ons nie.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Dié ryk man was nie gewild onder die burgers van die land nie. Toe hulle hoor dat hy vertrek het, het hulle ’n boodskap agter hom aangestuur: ‘Ons hoop nie dat jy ook ons leier word nie, want ons hou niks van jou nie.’ |