Luke 19:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe hulle dit hoor, het Hy bygevoeg en 'n gelykenis vertel, omdat Hy naby Jerusalem was, en omdat hulle gedink het dat die koninkryk van God dadelik sou verskyn. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nadat die mense na Jesus geluister het, het Jesus self voortgegaan om ’n volgende gelykenis vir hulle te vertel. Die aanleiding was dat Jesus naby Jerusalem was en die mense gedink het dat die koningsheerskappy van God skielik, ja, enige oomblik sou begin. |
| Afrikaans 1933/1953 | En terwyl hulle na hierdie dinge luister, vertel Hy daar nog 'n gelykenis by, omdat Hy naby Jerusalem was en hulle gedink het dat die koninkryk van God onmiddellik sou verskyn. |
| Afrikaans 1983 | Terwyl die mense na Jesus geluister het, het Hy nog 'n gelykenis vertel, aangesien Hy naby Jerusalem was en hulle gedink het die koninkryk van God sou nou enige oomblik kom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Terwyl die mense hierna luister, het Jesus nog 'n gelykenis vertel, omdat Hy naby Jerusalem was en die mense gedink het dat die •koninkryk van God nou skielik sou aanbreek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus het nog iets gesê vir die mense wat na Hom geluister het. Hy het vir hulle 'n gelykenis vertel. Hy het dit gedoen omdat Hy naby Jerusalem was en omdat die mense gedink het wanneer Jesus in Jerusalem kom, dan sal God dadelik Koning word en regeer. Maar Jesus wou vir hulle reg leer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Terwyl almal so na Jesus sit en luister, het Hy vir hulle ’n storie vertel. Hulle was nou nie meer ver van Jerusalem af nie en party van sy volgelinge het gedink dat God se nuwe wêreld sommer nou enige oomblik sou aanbreek. |