Luke 18:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En sal God nie sy eie uitverkorenes, wat dag en nag tot Hom roep, wreek, al verdra Hy hulle lank nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sal God dan nie reg laat geskied aan sy uitverkorenes nie — hulle wat dag en nag na Hom roep? Sal Hy aanhou om hulle geduld te toets? |
| Afrikaans 1933/1953 | Sal God dan nie reg doen aan sy uitverkorenes wat dag en nag tot Hom roep nie, al is Hy ook lankmoedig in hulle geval? |
| Afrikaans 1983 | Sal God dan nie aan sy uitverkorenes, wat dag en nag tot Hom roep, reg doen nie? Sal Hy hulle lank laat wag? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sal God dan nie reg laat geskied aan sy uitverkorenes wat bedags en snags na Hom roep nie? Sal Hy hulle lank laat wag? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | maar God sal sy mense help, dit is seker. Hy het hulle gekies en hulle roep elke dag en nag na Hom. Dink julle Hy sal lank wag om hulle te help? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wat sal God dan nie alles doen vir sy kinders wat Hy persoonlik uitgekies het om in Hom te glo nie? |