Luke 18:43 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dadelik het hy gesien en Hom gevolg en God verheerlik; en toe die hele volk dit sien, het hulle God geprys. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Eensklaps het die man weer gesien; hy het Jesus gevolg en God geloof. Die hele volk wat dit gesien het, het aan God die eer gegee. |
| Afrikaans 1933/1953 | En onmiddellik het hy gesien en Hom gevolg, terwyl hy God verheerlik. En toe die hele volk dit sien, het hulle aan God die lof gegee. |
| Afrikaans 1983 | En onmiddellik kon hy sien, en hy het Jesus gevolg en God geprys. Ook al die mense wat dit gesien het, het aan God die eer gegee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En onmiddellik kon hy sien. Hy het Jesus gevolg en God geprys. Die hele volk wat dit gesien het, het God geloof. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die blinde man kon dadelik sien, en hy het Jesus gevolg terwyl hy God prys. Toe die mense dit sien, het almal God geprys oor wat Jesus gedoen het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dadelik kon die man weer sien. Hy kon sy oë nie glo nie. Vol blydskap het hy by die res van die skare ingeval en agter Jesus begin aanstap. Hy het oor en oor vir God dankie gesê omdat Hy so goed vir hom is. Die mense was net so opgewonde. Hulle het ook God se Naam grootgemaak oor wat gebeur het. |