Luke 18:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy wou 'n tyd lank nie, maar daarna het hy by homself gesê: Al vrees ek God nie en ag ek geen mens nie;
Afrikaans (NLV) 2011 “Vir ’n tyd lank was hy onwillig, maar hy het naderhand vir homself gesê: ‘Al eer ek God nie en respekteer ek ook nie my medemens nie —
Afrikaans 1933/1953 En 'n tyd lank wou hy nie; maar daarna het hy by homself gesê: Al vrees ek God ook nie en al ontsien ek geen mens nie,
Afrikaans 1983 'n Tyd lank wou hy nie, maar later het hy vir homself gesê: Vir God het ek wel geen eerbied nie, en aan 'n mens steur ek my nie,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Tyd lank wou hy nie, maar naderhand het hy by homself gedink: Al het ek geen ontsag vir God en steur ek my aan geen mens nie,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die regter wou haar nooit help nie, maar ná 'n lang tyd het hy gedink: Ek is nie bang vir God nie en mense is nie vir my belangrik nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar hy het botweg geweier. Op ’n dag het hy egter vir homself gesê: ‘Ek weet nie wat met my aangaan nie. Ek’s vir niemand bang nie, nie eens vir God nie.