Luke 18:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het hy die twaalf na Hom geneem en vir hulle gesê: Kyk, ons gaan op na Jerusalem, en alles wat deur die profete geskrywe is aangaande die Seun van die mens, sal volbring word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jesus het die twaalf eenkant geneem en vir hulle gesê: “Kyk, ons gaan nou Jerusalem toe en alles wat deur die profete opgeteken is oor die Seun van die Mens sal volledig vervul word. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Hy het die twaalf by Hom geneem en vir hulle gesê: Kyk, ons gaan op na Jerusalem, en alles wat deur die profete geskrywe is, sal aan die Seun van die mens vervul word. |
| Afrikaans 1983 | Jesus het die twaalf opsy geneem en vir hulle gesê: “Kyk, ons gaan nou Jerusalem toe, en alles wat die profete oor die Seun van die mens geskryf het, sal daar bewaarheid word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het die twaalf opsy geneem en vir hulle gesê: “Kyk, ons gaan op na Jerusalem, en alles wat deur die profete oor die •Seun van die Mens geskryf is, sal vervul word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus het met die twaalf dissipels gepraat. Hy het vir hulle gesê: “Luister, ons gaan na Jerusalem, en alles wat die profete oor die Seun van die mens geskryf het, sal daar met My gebeur. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Op ’n dag het Jesus die twaalf dissipels eenkant toe geroep. Hy sê toe vir hulle: “Julle weet dat ons op pad is Jerusalem toe. Ek moet soontoe gaan om alles te laat waar word wat daar in die Bybel oor die Seun van die mens geskryf is. |