Luke 18:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wat nie veel meer sal ontvang in hierdie huidige tyd en in die toekomstige wêreld die ewige lewe nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | wat nie soveel keer meer in hierdie tyd ontvang nie, en in die bedeling wat kom, die ewige lewe.” |
| Afrikaans 1933/1953 | wat nie baiemaal soveel in hierdie tyd sal ontvang nie en die ewige lewe in die eeu wat kom. |
| Afrikaans 1983 | of hy ontvang in hierdie tyd al baiekeer soveel terug, en in die tyd wat kom, die ewige lewe.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | wat nie in hierdie tyd veel meer sal ontvang nie – én in die bedeling wat kom, die ewige lewe.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | dan sal hy baie meer terugkry. Hy sal baie terugkry nou, in hierdie tyd. Maar daar kom 'n nuwe tyd, en dan sal hy die ewige lewe kry.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ja, jy sal elke dag oorlaai word met God se goedheid. En jy sal vir seker ook ’n plek kry in sy nuwe wêreld.” |