Luke 18:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) en gesê: Daar was in 'n stad 'n regter wat God nie gevrees het nie en nie op 'n mens ag geslaan het nie;
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het gesê: “In ’n sekere stad was daar ’n regter wat God nie geëer en sy medemens nie gerespekteer het nie.
Afrikaans 1933/1953 en gesê: Daar was 'n regter in 'n stad wat God nie gevrees en geen mens ontsien het nie.
Afrikaans 1983 Hy het gesê: “In 'n sekere stad was daar 'n regter wat geen eerbied vir God of agting vir 'n mens gehad het nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het gesê: “Daar was 'n sekere regter in 'n bepaalde stad, wat nie ontsag vir God gehad het nie en hom aan geen mens gesteur het nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het gesê: “In 'n stad was daar 'n regter wat nie bang was vir God nie. Mense was ook nie vir hom belangrik nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Eendag was daar ’n baie kwaai regsgeleerde. Hy was vir g’n mens in sy stad bang nie. Ook nie eens vir God nie.