Luke 18:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die Fariseër het gaan staan en so by homself gebid: God, ek dank U dat ek nie soos ander mense is nie, rowers, onregverdiges, egbrekers, of selfs soos hierdie tollenaar.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Fariseër het gaan staan en by homself gebid: ‘O God, ek is dankbaar teenoor U dat ek nie soos die ander mense is nie — diewe, onregverdiges, ontugtiges of ook soos hierdie tollenaar.
Afrikaans 1933/1953 En die Fariseër het gaan staan en by homself so gebid: o God, ek dank U dat ek nie soos die ander mense is nie -- rowers, onregverdiges, egbrekers, of ook soos hierdie tollenaar nie.
Afrikaans 1983 Die Fariseër het gaan staan en by homself so gebid: ‘O God, ek dank U dat ek nie soos ander mense is nie: diewe, bedrieërs, egbrekers, en ook nie soos hierdie tollenaar nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Fariseër het gaan staan en só oor homself gebid, ‘God, ek dank U dat ek nie soos die ander mense is, wat roof, onreg doen en egbreuk pleeg nie, en ook nie soos hierdie tollenaar nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Fariseër het gaan staan en hy het só gebid: ‘My God, baie dankie dat ek nie soos die ander mense is nie. Hulle steel, hulle lewe nie soos U wil hê nie, en hulle pleeg egbreuk. En dankie dat ek nie soos hierdie tollenaar is nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Die Fariseër het toe begin bid: ‘God, ek sê vir U dankie dat ek nie ’n slegte mens is nie. Kyk net: ek steel nie ander mense se goed nie. Ek lieg en bedrieg nie. Ek slaap ook nie rond nie. Ja, en ek is ook nie so ’n groot sondaar soos hierdie tollenaar wat langs my staan nie.