Luke 17:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En sal nie liewer vir hom sê: Maak gereed waarmee ek kan maaltyd, en omgord jou en bedien my totdat ek geëet en gedrink het; en daarna moet jy eet en drink? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nooit nie! Hy sal aan hom sê: ‘Maak iets gaar vir aandete. Bind jou klere vas en bedien my terwyl ek eet en drink. Eers daarna gaan jy self eet en drink.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Sal hy nie eerder vir hom sê nie: Maak vir my die aandete klaar en omgord jou en bedien my totdat ek geëet en gedrink het; en daarna kan jy eet en drink? |
| Afrikaans 1983 | Natuurlik nie! Maar hy sal vir hom sê: ‘Maak vir my iets klaar vir aandete. Sit dan jou voorskoot aan en kom bedien my terwyl ek eet en drink. Daarna kan jy self eet en drink.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sal hy nie eerder vir hom sê, ‘Maak vir my iets gereed om te eet, omgord jou heupe en bedien my, totdat ek geëet en gedrink het; en daarna kan jy eet en drink!’ nie? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Nee, jy sal vir hom sê: ‘Maak vir my aand-ete en bedien my, soos 'n goeie slaaf dit moet doen, totdat ek klaar geëet en gedrink het. Daarna kan jy eet.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | sê julle mos nie vir hom nie: ‘Toemaar, jy hoef nie meer kos te maak nie. Kom sit gou hier op my plek aan die tafel. Omdat jy so moeg is, sal ek maar kos maak.’ “Nee, natuurlik nie. Julle sal eerder vir hom sê: ‘Toe, kry gou-gou die aandete gereed. Trek vir jou skoon klere aan en kom bedien ons. As ek en my gaste klaar geëet het, moet jy ook sorg dat alles opgeruim is. Daarna kan jy iets gaan eet.’ |