Luke 17:37 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle antwoord en sê vir Hom: Waar, Here? En Hy sê vir hulle: Waar die liggaam ook al is, daar sal die arende versamel word.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle vra Jesus toe: “Waar sal dit gebeur, Here?” Hy het geantwoord: “Waar die karkas lê, daar sal die aasvoëls bymekaarkom.”
Afrikaans 1933/1953 En hulle antwoord en sê vir Hom: Waar, Here? En Hy sê vir hulle: Waar die liggaam lê, daar sal die aasvoëls saamkom.
Afrikaans 1983 Toe vra hulle Hom: “Waar, Here?” Hy sê vir hulle: “Waar aas lê, daar sal aasvoëls ook bymekaarkom.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle vra toe vir Hom: “Waar, Here?” Hy antwoord hulle: “Waar die karkas lê, daar sal die aasvoëls ook versamel.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die dissipels vra toe vir Jesus: “Here, waar sal dit alles gebeur?” Jesus het vir hulle gesê: “Mense sal dit weet, soos hulle weet 'n dooie liggaam is daar waar aasvoëls bymekaarkom.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe vra die dissipels: “Waar gaan al hierdie dinge gebeur?” “Sommer daar tussen julle,” het Jesus geantwoord. “Daar waar die mense is, sal die aasvoëls op hulle almal toesak.”