Luke 17:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Elkeen wat probeer om sy lewe te red, sal dit verloor; en elkeen wat sy lewe verloor, sal dit bewaar. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Almal wat hulle daarop instel om hulle lewe te beveilig, sal dit verloor, maar hulle wat dit verloor, sal dit behou. |
| Afrikaans 1933/1953 | Elkeen wat probeer om sy lewe te red, sal dit verloor; en elkeen wat dit verloor, sal dit behou. |
| Afrikaans 1983 | Elkeen wat sy lewe probeer behou, sal dit verloor, maar elkeen wat dit verloor, sal dit behou. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Wie probeer om sy lewe te beveilig, sal dit verloor, maar wie dit verloor, sal dit behou. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Elkeen wat daardie dag sy eie lewe probeer red, sal dit verloor, maar elkeen wat daardie dag sy lewe verloor, sal dit red. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Op daardie dag wanneer die Seun kom, sal dit te laat wees om gou met God te probeer vrede maak. Sorg dat julle lewe nou al in orde is. As julle God nou al dien, sal julle op daardie dag gered word. Maar as julle nou niks met Hom te doen wil hê nie, sal julle op daardie dag veroordeel word. |