Luke 17:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Pas op vir julleself: As jou broer teen jou oortree, bestraf hom; en as hy hom bekeer, vergewe hom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Gee ag op julleself. As jou broer aanhou sonde doen, wys hom tereg, en as hy tot inkeer kom, vergewe hom. |
| Afrikaans 1933/1953 | Pas op vir julleself. En as jou broeder teen jou sondig, bestraf hom; en as hy berou kry, vergewe hom. |
| Afrikaans 1983 | Wees dus self op julle hoede. “As jou broer verkeerd optree, berispe hom; en as hy berou kry, vergewe hom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wees dus op julle hoede. As jou broer sondig, wys hom tereg, en as hy berou het, vergewe hom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet mekaar goed oppas. As 'n ander gelowige sonde doen, dan moet jy met hom praat, en as hy sê hy is jammer, dan moet jy hom vergewe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Sorg dat jy elke dag op die regte pad bly. Wanneer dinge skeefloop tussen jou en ander gelowiges, gaan stel dit dadelik reg. Veral wanneer ’n ander gelowige ’n lelike ding aan jou doen. Gaan spreek hom daaroor aan. As hy jammer is daaroor, moet jy hom dadelik vergewe en daarvan vergeet. |